In proewe met
saadmielies en saadaartappels het
Die proewe is
volgens konventionele landboumetodes op Mnr Snaith se eie plaas in
KwaZulu-Natal uitgevoer. Dit is op so ’n manier gedoen dat dit maklik deur
groot-skaal produseerders herhaal kan word. Sy navorsingsproewe is nou klaar en
hy is besig om die bevindige ten skrif te stel.
Met die proewe
het Mnr Snaith die Trichoderma produk
Eco-T van ‘Plant Health Products’ gebruik. Die produk was gemeng volgens die
gebruiksaanwysings van die vervaardiger en die mieliesaad of aartappelmoere was
met Eco-T behandel, net voor dit deur ’n konvensionele planter aangeplant was.
Daar was ook
blokke in die proef wat later ’n worteldrenk behandeling van Trichoderma ontvang het, maar die
saadbehandeling het beter presteer as die drenkbehandeling.
“Een van die
grootste voordele van Trichoderma is
dat dit ’n biologiese beheermiddel is en daarom geen nadelige effek op die
natuur het nie,” sê Mnr Snaith. “Dis ’n swam wat natuurlik voorkom in goeie
vrugbare grond. Ons plaas dit net waar dit nodig is - op die saad - waar dit
vir ons kan werk.”
Dit is belangrik
dat die opkoms van ’n gewas so uniform en vinnig as moontlik is, veral met
saadproduksie. Met die gebruik van Trichoderma
het Mnr Snaith ’n groot verskil in die opkoms opgemerk: “ Wanneer die
behandelde aartappels by 100% opkoms was, was die kontrole nog net by 90%
opkoms.”
Resultate met
mielies was net so goed. “Die behandelde saailinge het vroeër opgekom as die
kontrole en was baie eenvormig.”
Deurdat Eco-T die
opbrengs beduidend verhoog het en dat dit nie ’n duur produk is nie, is dit
hoogs winsgewend. “Mielie-opbrengs was 800 kg/ha hoër, teen ’n koste van net
R25/ha om Eco-T teen 1g/kg saad to behandel,” het Mnr Snaith gesê. “Met
aartappels, teen 250g/ha Eco-T het ons meer as 5t/ha opbrengsverhoging gekry.
Teen die kommersiele aartappelprys van R2000 per ton, en die koste van R200/ha
vir Eco-T, beteken dit ’n groot wins teen ’n klein onkoste.”
Eco-T is
geregistreer vir die beheer van wortelsiektes op gewasse in Suid-Afrika, Kenya,
Zambia en Namibia. Dit bevat spore van die swam Trichoderma harzianum ras kd. Hierdie ras is geselekteer deur
omvattende navorsing wat uitgevoer is by die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Trichoderma spore ontkiem met die saad of aartappelmoere en
groei in die grond in die onmiddelike wortelarea. Die swam leef van die voeding
wat die plantwortels uitsweet. Weens vinnige groei is hulle in staat om
gewaspatogene te oorweldig en te verplaas. Trichoderma
vorm ook verskeie stowwe wat die groei van gewaspatogene verhinder.
Sommige Trichoderma rasse soos in Eco-T kan ook
plantontwikkeling aanmoedig en stimuleer en dit kan plante help om uiterste
toestande soos versuiping, droogte ens. beter te hanteer.
Die ras van
Trichoderma wat in Eco-T voorkom het uitstekende resultate by verskeie ander
gewasse ook gelewer (sien ‘Eco-T trial results and photos’ op hierdie webwerf).
“Hoe groter die
wortelsisteem, hoe beter die opneming van water en voedingstowwe en hoe groter
die opbrengs,” het Mnr Snaith bevestig.
(Dele van hierdie artikel is vertaal van ’n artikel wat deur ‘Farmer’s
Weekly’ gepubliseer is op 22 May 2009)

Foto geneem by ’n kommersiële mielieproef in 2008. Die
mielieplant voor is tipies van dié wat met Eco-T behandel is, met ’n groter
wortelsisteem en meer fynwortels, teenoor die tipiese onbehandelde plant agter.
Working with Nature
